Somerstrand Gemeente
Vreesloos 04 - Maandag
Vreesloos 04: Sê-nou ek stel God teleur?
Locations & Times
Expand
  • Somerstrand Gemeente
    77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
    Monday 5:00 PM
Oorsig:
Donderdagaand het ons gesels oor die een vrees wat sin maak: vrees vir God. Ons probeer God in boksies sit, maar hoe groter God is, hoe kleiner ons vrese.

Sondagoggend het ons die verhaal gelees van Jesus wat die storm stilmaak. Dit is die opdrag wat Jesus die meeste gee (meer as die opdragte tot liefde): moenie bang wees nie.

Sondagaand het ons gesê dat ons almal wil voel dat ons maak saak. Tog het ons die gevoel dat ons nie saak maak, nie liefde werd is nie – ons het die beeld van die vyfde mossie gebruik. Dis ’n selfvervullende profesie. Ons het waarde by God! God gee vir ons genoeg om – hy tel selfs die hare op ons kop.
“As Blaise Pascal wrote, “God made man in his own image and man returned the compliment.” Thus, if we feel hateful toward ourselves, we assume that God feels hateful toward us. But we cannot assume that He feels about us the way we feel about ourselves-unless we love ourselves compassionately, intensely, and freely. In human form Jesus revealed to us what God is like. He exposed our projections for the idolatry that they are and gave us the way to become free of them. It takes a profound conversion to accept that God is relentlessly tender and compassionate toward us just as we are-not in spite of our sins and faults (that would not be total acceptance), but with them. Though God does not condone or sanction evil, He does not withhold His love because there is evil in us.”
- Brennan Manning, Abba’s Child

Adam, where are you?

'n Ou liedjie van Don Francisco wat die verhaal van Adam en Eva se vrees en wegkruip vertel.

https://www.youtube.com/watch?v=PZhLY8jN_Kk
Vir verdere nadenke:

Is daar 'n fout of mislukking uit jou verlede wat by jou spook?

Is daar 'n area in jou lewe waar jy te styf vashou, waar jy vrees God kan jou nie vang nie, so jy probeer eerder self?

Wat kan jy doen om nie in die foute van jou verlede vasgekeer te bly nie?

Dalk weet jy in jou kop dat God vergewe, maar jou hart sukkel om dit te glo. Vra die Gees om die vergifnis deur Jesus vir jou te bevestig.

"Daar is niks wat ons so dapper maak, soos ’n helder verstaan van God se genade nie. En daar is geen beter teelaarde vir vrees as onkunde van God se genade nie." Kan jy die waarheid hiervan prakties in jou lewe sien? Waar?

Deurdrenk ons land in gebed

Laai die gebedsboekie hier af.

http://resources.christians.co.za/product/deurdrenk-ons-land-met-gebed-boekie/

Kospakkies - kontant met bestelling - kan tot 30 Mei by die kerkkantoor bestel word. Volwasse kospakkies: brood, kase, beskuitjies, patee, tamaties en olywe, hoenderhappies en frikkadelle, doopsous, sout vingerhappies, biltong, neute, soetigheid. Bring eie drinkgoed en glase. Kinder kospakkies: Gekrummelde hoender repies, doopsous, southappies, soetigheid, sap.