YouVersion Logo
Search Icon

Somerstrand Gemeente

Vreesloos 03 - Sondagaand

Vreesloos 03 - Sondagaand

Vreesloos 03: Wat as ek nie saak maak nie?

Locations & Times

Somerstrand Gemeente

77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa

Sunday 5:00 PM

Oorsig:
Donderdagaand het ons gesels oor die een vrees wat sin maak: vrees vir God. Ons probeer God in boksies sit, maar hoe groter God is, hoe kleiner ons vrese.

Vanoggend het ons die verhaal gelees van Jesus wat die storm stilmaak. Vrees maak dat ons nie op God vertrou nie, maar sekuriteit aanbid. Tog is dit die opdrag wat Jesus die meeste gee (meer as die opdragte tot liefde): moenie bang wees nie.

MATTEUS 10:29-31

You are Special

Hier is 'n video van Max Lucade se <i>You are special </i>- die boek wat vir die Chinese kinders uitgedeel is.

https://www.youtube.com/watch?v=15QuHygLwFU
hey
Vir verdere nadenke:

Lees die volgende verse en maak vir jouself notas oor jou waarde voor God: Psalm 139:14–15; Psalm 139:18; Ephesians 2:10; Matthew 10:29–31

Wat is die verskil tussen nederigheid en om jouself as waardeloos te sien? Wat is die impak van beide hierdie gesindhede op 'n mens se verhouding met God?

Watter verhoudings, gebeure, take of seerkry het jou laat voel jy is waardeloos? Het jy al ooit iemand anders waardeloos laat voel?

Voel jy dat God baie vir jou as individu omgee? Praat met God en vra hom om jou te wys hoe hy oor jou voel. Lees Psalm 139 rustig, biddend.



Ek sal nie bang wees nie

Video van Joe Niemand se lied: "Ek sal nie bang wees nie"

https://www.youtube.com/watch?v=9p8Lef6IdoM

Deurdrenk ons land in gebed

Laai die gebedsboekie hier af.<br>

http://resources.christians.co.za/product/deurdrenk-ons-land-met-gebed-boekie/
hey

Kospakkies - kontant met bestelling - kan tot 30 Mei by die kerkkantoor bestel word. Volwasse kospakkies: brood, kase, beskuitjies, patee, tamaties en olywe, hoenderhappies en frikkadelle, doopsous, sout vingerhappies, biltong, neute, soetigheid. Bring eie drinkgoed en glase. Kinder kospakkies: Gekrummelde hoender repies, doopsous, southappies, soetigheid, sap.

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy