NG Kenridge
Die Klip wat die bouers afgekeur het (28 Junie 2020)
Tienerbediening Kleingroep Bespreking saam met die YouTube diens van 28 Junie 2020
Locations & Times
Expand
  • NG Kenridge
    2 Maestricht St, Bellville, Cape Town, 7530, South Africa
    Sunday 8:00 AM
Belangrike temas:
Wat ons graag vandag wil bereik

1. Om te ontdek dat God se eindelose troue liefde vir elke mens is.
2. Om te na te dink oor die tekens van God se eindelose troue liefde in my eie storie.
3. Om aktief te kyk vir tekens van God se eindelose troue liefde en dit met ander mense te deel.
Verwelkoming:
· Verwelkom almal.
· Is daar iemand nuut, wat vir die eerste keer by ons gemeente inskakel/ ’n kuiergas in die groep?

Tafelmaniere
· Herinner mekaar aan die spelreëls wat julle aan die begin van die jaar saam opgestel het.
Ysbreker: Gesels saam
Watter "makeover" shows het jy al gekyk? Vertel 'n storie van een wat jou bybly.

Laat iemand uit die groep die Bybel-gedeelte hardop voorlees.
Gesels:
- Wat het vir elkeen uit die teks uitgestaan?
- Psalm 118 word skynbaar al van die eerste tempel in Jerusalem se tyd al gelees. Dit word tot vandag toe deuur die Jode gelees tydens die Huttefees. Die Huttefees word gevier om Israel se trek uit Egipte, deur die woestyn te herdenk. As julle mooi kyk na die teks kan dit oor 'n klomp sukkel en swaarkry-stories gaan. Noag, Abraham, Dawid, maar selfs Jesus. Wat sê hierdie Psalm oor God en swaarkry-stories?
- Psalm 118 is ook 'n Psalm wat gaan oor Jesus se kruisiging. Matteus (21:9) skryf dat die skare Psalm 118:26 uitroep wanneer Jesus in jerusalem inkom, 'n week voor die Paasfees “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en dan speel Psalm 118:27 ook voor Jesus uit. “Begin die fees! Wuif met takke!” As jy 'n Jood in Jesus se tyd was, wat sou jy gedink het is aan die gebeur as mense Psalm 118 so aanhaal?
- Petrus en Paulus haal Ps. 118:22-23 aan wanneer hulle vir ander oor Jesus vertel: "Die klip wat die bouers afgekeur het, het nou die sluitsteen geword. Dit is die werk van die Here, en wonderlik vir ons om te aanskou." Wat bedoel hulle daarmee?
- Die Psalm het 'n refrein wat op verskillende plekke in die Psalm herhaal word: “Sy liefde sal nooit ophou nie.” Die Hebreeuse woord beteken eintlik meer "Sy liefde wat altyd getrou is, wat jou nooit in die steek sal laat nie, wat vir altyd sal aanhou, maak nie saak wat nie." As jy dink aan die plekke waar die Psalm gebruik word en die stories wat dit verteenwoordig, wat sê hierdie Psalm vir jou oor God en God se liefde vir jou?
- V. 24 sê "Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees." Wat dink julle gaan die effek wees op mense rondom ons as ons daardie woorde oor elke dag sê? Hoe lyk dit prakties?

'n Klip wat deur die bouers afgekeur is

Kyk na die video waar Ivor Swartz 'n paar besonderhede oor sy storie deel. Hoor hoe sy storie ook sê: Die klip wat die bouers afgekeur het,het nou die hoeksteen geword. Dit is die werk van die Here, en wonderlik vir ons om te aanskou.

https://www.youtube.com/watch?v=y_8p0Mm643o

Offergawes

Kliek op die link om jou offergawe met Snapscan te betaal.

https://pos.snapscan.io/qr/NDSC0658