Somerstrand Gemeente
#letsrise want #lovemustrise
Locations & Times
Expand
  • Somerstrand Gemeente
    77 Louis Botha, Port Elizabeth, 6001, South Africa
    Sunday 5:00 PM
Want ons was ook voorheen onverstandig, ongehoorsaam, verdwaal, verslaaf aan allerlei begeertes en luste. Ons het in kwaadwilligheid en naywer geleef, ons was haatlik en het mekaar gehaat. Maar toe die goedheid en menseliefde van God, ons Verlosser, verskyn, het Hy ons verlos — nie op grond van werke wat ons uit geregtigheid gedoen het nie, maar op grond van sy ontferming — deur die afwassing van die weergeboorte (hergeboorte) en vernuwing deur die Heilige Gees, wat Hy ryklik oor ons uitgegiet het deur Jesus Christus, ons Verlosser. So het ons, geregverdig deur sy genade, erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop. Hierdie woord is betroubaar, en ek wil hê dat jy met nadruk oor hierdie dinge praat, sodat hulle wat in God glo daarop bedag sal wees om hulle aan goeie werke toe te wy. Hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense. (Bybel Direkte Vertaling)
Vir gesprek in kleingroepe

Gesels oor die teks:
Wat het julle opgeval? Wat ruk jou? Wat troos jou? Wat motiveer jou?

Gesels oor liefde:
Wat is liefde? Watter rol speel God se goedheid en menseliefde in jou lewe? Hoe het sy goedheid en liefde jou al vernuwe? Wat het ander se goedheid en liefde al vir jou beteken? Wat het jy nog nodig in jou goedheid en liefde vir ander?

Gesels oor goeie werke:
Petrus sê dat God se goedheid en liefde ons motiveer tot goeie werke.
* Wat beteken dit prakties vir jou?
* Is goeie werke iets waarop jy besluit? Watter rol speel God (vgl. Ef. 2:10)? Watter rol speel die geleenthede wat daagliks opkom?
Om te doen:
Probeer om hierdie week elke dag iets vir die dag te beplan aan die hand van vers 7:

"Dié wat tot geloof in God gekom het, moet hulle op goeie werke toelê, werk wat goed en nuttig is vir die mense."

In jou terugblik elke aand op die dag, dink na hoe jou fokus op goeie werke jou gehelp het om die uitdagings van die dag te hanteer.

God se goedheid en filantropie (menseliefde) motiveer tot goeie werke