YouVersion Logo
Search Icon

NG Kenridge

Die hele Bybel gaan oor Jesus (24 Mei 2020)

Die hele Bybel gaan oor Jesus (24 Mei 2020)

Tienerbediening Kleingroep Bespreking saam met die YouTube diens van 24 Mei 2020

Locations & Times

NG Kenridge

2 Maestricht St, Bellville, Cape Town, 7530, South Africa

Sunday 8:00 AM

Belangrike temas:
Wat ons graag vandag wil bereik

1. Om te ontdek dat die hele Bybel, vanaf die Ou Testament, tot die Nuwe Testament oor Jesus gaan.
2. Om te reflekteer oor hoe ons Jesus mis lees.
3. Om Jesus te begin raaksien in elke deel van die Bybel.
Verwelkoming:
· Verwelkom almal.
· Is daar iemand nuut, wat vir die eerste keer by ons gemeente inskakel/ ’n kuiergas in die groep?

Tafelmaniere
· Herinner mekaar aan die spelreëls wat julle aan die begin van die jaar saam opgestel het.
Ysbreker: Gesels saam
Voltooi jou ouers se sin:
Ek het al 100 keer vir jou gesê...

Lees hardop deur albei vertalings van die Bybel-gedeelte.

1 KORINTIËRS 15:1-8

1 Korintiërs 15:1-8

Gesels saam:
· As jy die erediens op YouTube gekyk het, wat het vir jou uitgestaan uit die preek?
· Dit lyk in die Bybel-gedeelte asof die mense in Korinte nie heeltemal seker was oor die storie van Jesus nie. As jy in hulle skoene gestaan het, hoekom dink julle sou dit so kon wees?
· Paulus sê in hierdie kort stukkie vir die Korintiërs dat die storie van Jesus waar is, want dit het 'n geskiedenis - 'n deel voor die storie wat mense moes voorberei op Jesus; daar is sekere goed wat gebeur het op 'n plek waar mense heen kon gaan en gaan sien en daar is regte, gewone mense wat dit gesien het. Wat sê Paulus se verduidelikings vir ons oor:
1. Die Bybel en veral die Ou Testament?
2. Oor Jesus?
· As jy die storie van Jesus aan 'n vriend of vriendin moet vertel, hoe sal jy vir hulle verduidelik dat dit die waarheid is?
· Hoe help Paulus se verduideliking jou om in Jesus te bly glo, al kan jy Hom nie sien nie?
· Hoe help Paulus se verduideliking oor Jesus ons om te dink oor ons omstandighede in 2020?

Agtergrond oor 1 Korintiërs

The Bible Project gee agtergrond waaroor die 1 Korintiërs brief gaan en hoe hoofstuk 15 daarby inpas.

https://youtu.be/yiHf8klCCc4
Bid vir mekaar:
Laat elkeen een ding by die volgende drie punte noem:
- Een ding waarvoor jy vir God wil dankie sê.
- Enige iets waarvoor jy spesiale genade nodig het? Iets wat die week gebeur het of iets wat voorlê in die week?
- Iets waarna jy uitsien in die week?
Onthou-vers vir die week - 1 Korintiers 15:2
"Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom."

Offergawes

Kliek op die link om jou offergawe met Snapscan te betaal.

https://pos.snapscan.io/qr/NDSC0658

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy