PSALMS 139:11-12
PSALMS 139:11-12 Bybel vir almal (ABA)
As ek sê die donker moet my toemaak, die lig rondom my moet donker word, dan is dit nie donker vir U nie. Vir U is die nag so lig soos die dag en donker is vir U soos lig.
PSALMS 139:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.
PSALMS 139:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sou die duisternis kon vra om my weg te steek, of die lig rondom my om in nag te verander, maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig.
PSALMS 139:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En al sê ek, “As duisternis my maar net wil verberg en die lig om my nag word”, is selfs duisternis nie vir U donker nie, maar skyn nag so lig soos die dag, is die duisternis soos die lig.
PSALMS 139:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As ek sê: Waarlik, die duisternis sal my oordek; selfs die nag sal oor my lig wees. Ja, die duisternis verberg nie vir jou nie; maar die nag skyn soos die dag: die duisternis en die lig is vir jou albei.
PSALMS 139:11-12 Die Boodskap (DB)
Al vou die donkerte my heeltemal toe, is U naby my. Lig en donkerte is vir U dieselfde. Niemand kan vir U iets in die donker wegsteek nie.