LUKAS 15:12-13
LUKAS 15:12-13 Bybel vir almal (ABA)
Die jongste seun het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee vir my die goed wat ek van Pa moet erf.’ Die pa het toe vir elke seun gegee wat hy moet kry. Kort daarna het die jongste seun al sy goed verkoop en hy het van die huis weggegaan na 'n ver land. Daar het hy wild gelewe en hy het sy geld uitgemors.
LUKAS 15:12-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe.
LUKAS 15:12-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Pa, gee my die deel van die besittings wat my toekom.’ Hy het toe die goed tussen hulle verdeel. “Nie lank daarna nie het die jongste seun alles tot geld gemaak en van die ouerhuis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.
LUKAS 15:12-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die jongste een van hulle het vir sy vader gesê, ‘Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom.’ Hy het toe die besittings tussen hulle verdeel. Nie lank daarna nie het die jongste seun al sy goed in geld omgesit en na 'n ver land gereis, en daar alles wat hy besit het, deur sy losbandige leefwyse verkwis.
LUKAS 15:12-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die jongste van hulle sê vir sy vader: Vader, gee my die deel van die goed wat my toekom. En hy het sy lewensonderhoud aan hulle verdeel. En nie baie dae daarna het die jongste seun almal bymekaargekom en na 'n ver land gereis en daar sy besittings vermors met 'n oproerige lewe.
LUKAS 15:12-13 Die Boodskap (DB)
Die jongste seun kom toe op ’n dag by sy pa en sê vir hom: ‘Pa, ek wil nou dadelik my erfporsie hê. Ek wil nie wag tot Pa eers dood is nie.’ “Die pa het sy goed verdeel en vir elke seun sy erfporsie gegee. ’n Paar dae later het die jongste seun sy goed gevat en padgegee. Hy het in ’n ander land gaan bly. Daar het hy sy erfporsie uitgemors. Hy het die een wilde partytjie na die ander gehou en gedoen net wat sy hart begeer.
LUKAS 15:12-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel. “’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe.