DANIËL 6:27
DANIËL 6:27 Bybel vir almal (ABA)
Almal oor wie ek regeer, moet die God van Daniël dien en eer. Ek sê dit. “Hy is die God wat lewe en Hy sal altyd lewe. Hy sal altyd Koning wees, Hy sal altyd regeer.
DANIËL 6:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe.
DANIËL 6:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek gee hiermee opdrag dat in my hele koninkryk die God van Daniël gevrees en geëer moet word. “Hy is die lewende God, Hy bestaan vir ewig; sy koninkryk sal nie vernietig word nie, sy heerskappy sal nooit eindig nie.
DANIËL 6:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Bevel is deur my uitgevaardig dat, in die hele magsgebied van my koninkryk, almal met vrees en bewing vervul moet wees vir die God van Daniël. Want Hy is die lewende God wat in ewigheid bestaan; sy koninkryk is een wat nie vernietig word nie, en sy heerskappy is tot die einde toe.
DANIËL 6:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy verlos en red, en Hy doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde, wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.