Luister na my gebed, HERE! Hoor tog my smeekgebede. Antwoord my, want U is getrou en regverdig. Moenie ’n regsgeding teen u dienaar begin nie, want niemand wat lewe, is voor U onskuldig nie. My vyand agtervolg my, vertrap my teen die grond, hy laat my in duisternis lewe soos dié wat lankal dood is. Ek het moed verloor; ek is stomgeslaan. Ek dink aan die dae, lank gelede. Ek peins oor al u dade, ek oordink die werke van u hande. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Sela Antwoord my tog gou, HERE, want ek het moed verloor. Moenie U vir my verberg nie, anders word ek soos dié wat sterf. Laat ek in die oggend hoor van u onfeilbare liefde, want ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebed. Bevry my van my vyande, HERE, want ek skuil by U. Leer my om u wil te doen, want U is my God. Laat u goeie Gees my lei op ’n pad wat gelyk is. HERE, laat my lewe ter wille van u Naam; lei my uit my nood, want U is regverdig. Vernietig my vyande ooreenkomstig u trou; laat al my teenstanders omkom, want ek is u dienaar.
Share
Read PSALMS 143
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos