Luister na my, almal wat in ver lande bly! Voor my geboorte het die HERE my geroep. Van my geboorte af het Hy my op my naam genoem. Hy het my mond soos ’n skerp swaard gemaak. In die skaduwee van sy hand het Hy my weggesteek. Hy het my ’n skerp pyl gemaak en in sy pylkoker weggesteek. Hy het vir my gesê: “Jy is my dienaar, Israel. Deur jou sal Ek verheerlik word.” Ek het geantwoord: “Wat ek doen, is nutteloos. Ek het tevergeefs geswoeg! Tog laat ek dit alles in die hand van die HERE. Hy sal my beloon.” En nou praat die HERE, Hy wat my as sy dienaar in my ma se skoot gemaak het om Jakob na Hom terug te bring en Israel vir Hom bymekaar te maak. Die HERE het my geëer. My God het my sterk gemaak. Hy sê: “Jy sal nog meer doen as om die stamme van Jakob op te rig en my volk Israel na My toe terug te bring. Ek gaan jou ’n lig maak vir die nasies sodat jy my redding kan bring tot aan die uithoeke van die aarde.”
Share
Read JESAJA 49
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos