Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in diens van die Here is: Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is. Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het. Daar is net één liggaam en één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping – één Here, één geloof, één doop, één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal, werk deur almal en woon in almal.
Share
Read EFESIËRS 4
Save verses, read offline, watch teaching clips, and more!
YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy
Home
Bible
Plans
Videos